Hongersnood is wêreld se voorland indien bye uitsterf

2011-03-12 07:30
Tweets Share Share line Print

Die ineenstorting van bykolonies in verskeie wêrelddele – veral weens lugbesoedeling – hou rampspoedige gevolge in vir die produksie van kos vir ’n wêreldbevolking wat al raak aan 7 miljard.

Die Wêreldomgewingsprogram (Unep) het gister in ’n verklaring gesê mense sal hul leefwyse drasties moet aanpas om te sorg dat bye – die stuifmeeldraende insekte wat die groei en vermeerdering van plante verseker – nie uitsterf nie.

Mnr. Achim Steiner, Unep se uitvoerende direkteur, het gesê bye is ’n natuurlike bate wat deur die mens mishandel word, veral weens die oormatige gebruik van insek- en onkruiddoders en ander vorms van lugbesoedeling.

Hy het daarop gewys dat van die sowat 100 gewasse wat 90% van die wêreld se kos uitmaak, 70% deur bye bestuif word. As bye sou uitsterf, sal dit die
wêreld in hongersnood dompel.

Luidens ’n verslag, Global Bee Colony Disorders and Other Threats to Insect Pollinators, wat gister deur Unep uitgereik is, is daar verskeie faktore wat die voortbestaan van bye negatief raak. Dit strek van die vermindering in blomplante (habitatvernietiging) tot insekdoders, asook die verspreiding van plae en lugbesoedeling.

Wetenskaplikes wat die verslag opgestel het, pleit onder meer by boere om weer blomplante langs hul oorde, mielie- en koringlande te plant sodat dit bye kan teruglok.

Hulle vra mense ook om met oorleg en eerder omgewingsvriendelike insek- en onkruiddoders te gebruik.

“Die mens het die illusie versin dat die tegnologiese vooruitgang wat hy in die 21 ste eeu gemaak het, hom onafhanklik kan maak van die natuur.

“Bye beklemtoon die werklikheid dat ons méér (en nie minder nie) afhanklik raak van die dienste wat die natuur aan ons lewer,” het Steiner gesê.

- Volg Nuus24 op Twitter.

Lees meer oor: hongersnood  |  voedsel

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Harry sê... Baie goeie nuus vir SA!!!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2012
R 109,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Kombi T5 LWB 1.9 TDi MPV Dsl
2006
R 250,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.