Hond snuf onwettige selfone uit
2010-09-08 14:19
Sydney - 'n Hond het wagte by 'n tronk in Melbourne gehelp om onwettige selfone te vind wat deur gevangenes gebruik is.
Die gevangenes het die selfone gebruik om hul kriminele misdrywe buite die tronk voort te sit.
Paris, 'n vierjarige Labrador, is opgelei om selfone, batterye en selfs simkaarte wat deur besoekers ingesmokkel word, op te spoor.
- Volg Nuus24 op
Twitter.
- SAPA