Hond eet sy baas se tone
2011-03-03 19:01
Oregon – ‘n Diabetiese man wat geen gevoel in sy voete het
nie, se hond het ‘n stuk van sy regtervoet geëet terwyl die man geslaap het, berig Huffington Post.
Drie van sy tone het ook in die slag gebly.
Die 61-jargie man het omstreeks 03:00 die nooddienste gebel.
Hy het blykbaar op die rusbank aan die slaap
geraak. Toe hy wakker geword het was ‘n gedeelte van sy voet weg.
‘n Veearts meen die hond het sy baas se voet
begin kou omdat dit besig was om te verrot.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.