Homeopatie ál meer erken

2010-06-24 14:16
Tweets Share Share line Print

Gauteng - Wil jy graag ’n alternatiewe geneser gaan spreek, maar jy is nie seker waar om te begin nie? Carla Lewis-Balden gee raad.

Natuurlike geneeskunde is in die verlede as oëverblindery en kwaksalwery afgemaak en baie dokters en wetenskaplikes voel steeds daar is te min wetenskaplike bewyse om dit ernstig op te neem.

Dr. Louis Mullinder, registrateur van die Raad vir Verwante Gesondheidsberoepe (RVGSA), sê egter baie dokters en pasiënte begin toenemend die rol van komplementêre medisyne in die gesondheidswêreld erken.

Die Suid-Afrikaanse Fakulteit vir Homeopatie, ’n geregistreerde private instituut van hoër onderwys, bied ook aanvullende kursusse vir gekwalifiseerde dokters aan.

Hoe dit ook al sy, ál meer mense raadpleeg natuurlike en komplementêre geneeskundiges met hul kwale, volgens ’n studie wat deur die Mediese Universiteit van Suid-Afrika (Medunsa) gedoen is.

Volgens dié studie het die meeste van die respondente gevoel hulle word in ’n konsultasie met ’n dokter aangejaag en hulle kry nie genoeg persoonlike aandag nie.

Nog klagtes was dat dokters opgetree het asof hulle alles weet en die pasiënte nie genoeg inligting gegee het oor hul siekte of toestand nie.

Baie was ontevrede dat hulle soms net met ’n voorskrif uitgestuur is, sonder enige ander aanvullende inligting oor hul siekte of toestand.

Volgens die respondente was die homeopate meer geïnteresseerd in hul kwale en het hulle op ’n empatiese manier behandel.

Die konsultasie self is as terapeuties beskou, met die respondente wat die woord “holisties” gebruik om ’n homeopatiese konsultasie te beskryf.

“Homeopatie kyk na mense op verskillende vlakke, van die fisieke tot die spirituele, van die emosionele tot die sielkundige tot die sosiale,” meen een van die respondente wat aan dié studie deelgeneem het.

Volgens die respondente het die homeopate ook ’n noukeurige geskiedenis van hul pasiënt se gesondheid gevra.

“Só kry hulle die konteks van jou gesondheid voordat hulle sommer net blindelings ’n diagnose maak,” het een respondent gesê.

- Beeld

Lees meer oor: sci-tech

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Harry sê... Baie goeie nuus vir SA!!!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2012
R 109,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Kombi T5 LWB 1.9 TDi MPV Dsl
2006
R 250,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.