Hollywood-ateljee dagvaar "webrowers"
2009-07-29 06:56
Stockholm – Die Hollywood-ateljee dagvaar die gewilde webwerf The Pirate Bay omdat hulle vervalsde materiaal verskuif het ná die eienaars van dié webwerf vir kopiereg-misdaad gevonnis is.
Monique Wadsted , Hollywood-ateljee se prokureur, het Dinsdag gesê hulle het ‘n klag teen The Pirate Bay ingedien omdat hulle ten spyte van die feit dat hulle reeds tronkstraf gekry het, steeds die kopiereg-wetgewing in Swede oortree.
Die Hollywood ateljee in Columbia, Disney, Paramount en ander vra dat die webwerf se stigters, Fredrik Neij, Gottfrid Svartholm Warg en Peter Sunde verbied word om voort te gaan met hul aktiwiteit.
Die vier mans voer aan hulle oortree geen wet nie omdat hulle nie die kopiereg-materiaal op die webwerf self berg nie en hulle daarom nie verantwoordelik gehou kan word vir kopieregmateriaal wat versprei word nie.
The Pirate Bay word erken as die wêreld se grootste webwerf waar materiaal wat deur kopiereg beskerm word soos flieks, musiek en programmatuur, gratis afgelaai en gedeel kan word deur internetgebruikers.
Wadsted meen as die eienaars van dié webwerf skuldig bevind word, ‘n boete opgelê word.
‘n Sweedse hof het die eienaars in April skuldig bevind aan kopiereg-misdaad en tot ‘n jaar tronkstraf gevonnis.
Die hof het hulle ook beveel om skadevergoeding van 30 miljoen Sweedse krone aan die filmbedryf te betaal.
Die vier het appèl aangeteken en ‘n verhoordatum is nog nie vasgestel nie.
Die Sweedse speletjiesmaatskappy, Global Gaming Factory het in Junie gesê hulle sal dié webwerf vir €5,6 miljoen (sowat R596 miljoen) koop.
Dié maatskappy is bereid om vir kopiereg te betaal as dié transaksie in Augustus beklink is.
Sapa-AFP