Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Hof beslis oor lasterlike Facebook-inskrywing

2013-02-04 10:59
Tweets Share Share line Print

Pretoria – 'n Johannesburgse man het 'n hofsaak gewen teen 'n voormalige vriendin wat lasterlike aanmerkings oor hom op haar Facebook-blad gepubliseer het.

Regter Nigel Willis se beslissing verlede week baan die weg vir gebruikers om in die toekoms skadevergoedingseise in te stel wanneer lasterlike uitlatings oor hulle op dié sosiale netwerk gemaak word, het die Saturday Star berig.

Die klaer is nie deur die koerant geïdentifiseer nie.

Die vrou het verlede jaar oor die man op haar Facebook-blad geskryf: “Ek wonder ook wat gebeur het met die persoon wat ek 15 jaar lank as 'n beste vriend gesien het, en hoe dié gedrag geregverdig word.

“Onthou, ek sien elke dag die hartseer gesigte van jou meisies.

“Moet ons die alkohol, die dwelms of die kerk blameer, of is dit net nóg redes om nie verantwoordelikheid vir jou eie gedrag te neem nie? Maar meestal wonder ek of jy, wanneer jy in jou dronk testosteroon-waas voor die spieël staan, steeds 'n man sien?”

Die man, 'n versekeringsmakelaar wat van sy vrou vervreem is, het die hof gevra om die vrou te beveel om dié kommentaar te verwyder, en om haar te verbied om soortgelyke stellings te maak.

Sy vervreemde vrou woon nou by dié vriendin.

Hy het die vriendin as vriend op Facebook verwyder toe sy vrou hom verlaat het en by die vriendin gaan woon het.

Die regter het in sy uitspraak gesê die vrou se kommentaar was nie in die openbare belang nie.

“Sy is nie in staat om haar kommentaar te regverdig nie. Die agtergrond van die kommentaar, tesame met die woorde self, wys dat die respondent kwaadwillig opgetree het toe sy die kommentaar gepos het,” het die regter gesê. Hy het bygevoeg dat die man 'n reg het tot privaatheid, en dat sy reputasie beskerm moet word.

– Lees hier meer.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- News 24

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Midrand - 10:34 AM
    Road name: R55 Southbound
    DELAYS can be expected approaching Allandale Road
  • Wednesday Jet Park - 10:26 AM
    Road name: Jet Park Road Southbound
    ACCIDENT near the N12 Highway Interchange
 
Nog verkeersverslae...
 

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.