Hoe speletjies vaar op die iMac
2010-08-09 11:49
Kaapstad - Daar is talle redes waarom die Mac-platform nie ideaal is vir rekenaarspeletjies nie.
Tot onlangs was meeste Apple-rekenaars te lig in die broek om behoorlike grafika te dra, en dus het slegs 'n handjie vol vervaardigers hul speletjies vir die Mac-platform bekend gestel.
Die doffels by die gaming-webwerf ign.com het besluit om Apple se iMac en dié masjien se 27-duim skerm in te span. Daarby het hulle 'n 2.66 GHz Intel Core i5 verwerker, ATI Radeon HD 4850 grafika-verwerker, 4GB se geheue en 'n 1TB-hardeskyf gebruik vir hul 'projek'.
Hulle het bekende titels soos Starcraft II, World of Warcraft, Bioshock en Team Fortress gespeel.
Lees hier om te sien wat die rekenaarfoendies se bevindinge is.