Hidrobreking ook in Mpumalanga beplan

2011-10-25 08:06
Tweets Share Share line Print

Daar word nou beplan om gas deur hidrobreking ook te ontgin op 27 saai- en veeplase in Mpumalanga, in die opvangsgebied van die Vaalrivier.

Leon van Tonder, voorsitter van die Davel-boerevereniging, het gesê hy het toevallig gister verneem van die maatskappy Umbono se planne om aardgas in die gebied tussen Davel, Morgenzon, Bethal en Ermelo te ontgin.

Clive Machingaifa, woordvoerder van Umbono, het hul planne bevestig. 27 plase in dié streek is vir die prospektering van aardgas uitgesonder. As dit blyk daar is genoeg gas, sal hulle dit deur middel van hidrobreking van die steenkoollae aftrek.

As die Petroleum-agentskap van Suid-Afrika (Pasa) mynregte aan die maatskappy toestaan, sal dit as die Umbono Ermelo-Wesprojek bekend staan. Volgens Machingaifa doen Umbono nou aansoek om prospekteerregte. “Ons begin in die eerste week van November met die openbare-deelnameproses. Boere is reeds daarvan in kennis gestel.”

Van Tonder het gesê dit is bekend dat dié deel van Mpumalanga groot steenkoolneerslae met kragtige metaangas het. Volgens hom lê die steenkool te diep vir oopgroefmyne en is die metaangas so kragtig dat ondergrondse myne te gevaarlik is.

“Dit is die belangrikste rede waarom daar feitlik geen steenkoolmyne in die gebied is nie.”

Van Tonder het gesê die boere is baie onkundig oor hidrobreking, maar gaan sorg dat hulle nie onkant betrap word nie. Hulle hou daarom Maandag ’n noodvergadering in Davel om hulle van hul wetlike regte te vergewis.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: hidrobreking

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Harry sê... Baie goeie nuus vir SA!!!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2012
R 109,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Kombi T5 LWB 1.9 TDi MPV Dsl
2006
R 250,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.