Hede en verlede nou op Facebook
2009-10-24 12:31
Kalifornië- Facebook het Vrydag sy news feed-funksie verander om alle gebruikers van dié gewilde sosiale netwerk op hoogte te hou van inligting wat hulle dalk misgeloop het.
Facebook laat lede nou toe om tussen nuus of aktiwiteite wat huidiglik plaasvind en hoogtepunte van wat tot 24 uur terug op die webwerf geplaas is, te wissel, het Raylene Yung by die kantoor in Kalifornië gesê.
"Jy kan nou opvang op wat jy uitgemis het indien jy lanklaas op facebook was. As jy klaar opgevang het, kan jy weer oorskakel na die teenwoordige tydstroom,” het Yung op haar blog gesê.
"Sommige van julle vra miskien hoekom ons weer die webwerf verander,” het Yung gesê.
"Ons besef dit is steurend wanneer die bekende rondgeskyf word, maar ons hoop die verandering maak jou Facebook-ervaring meer waardevol.”
-Sapa
Kliek hier om 'n fan te word van Nuus24 se facebook-blad.