Hayibo net te ongelooflik vir adverteerders

2010-09-05 07:47
Tweets Share Share line Print

Rapport 

PRETORIA - Ongelooflik snaaks, ongeloofwaardig en nou ongedaan gemaak.

Suid-Afrika se eerste satiriese nuuswebtuiste, Hayibo.com, moes sy deure sluit weens ’n gebrek aan advertensie-inkomste. “Hayibo” is ’n Nguni-woord en uitdrukking om ongeloof aan te dui.

Dié webtuiste, wat hom sedert Januarie 2008 geposisioneer het as die “tweede beste bron van opgemaakte nuus naas die SAUK”, het Vrydah vir die laaste keer lesers met hul skerpsinnighede vermaak.

Luidens hul laaste inskrywing het Hayibo eers momentum gekry ná die “ejakulasie” van pres. Jacob Zuma tot in die groot kantoor in die Uniegebou. “Dit was ’n goue era vir Hayibo soos wat die regering gedegenereer het na slapstick en dienslewering beperk is tot die presiden­siële slaapkamer.”

Volgens Hayibo het Blunt­object Mbuli, ’n woordvoerder van die ANC-jeugliga, gesê die webtuiste se einde is ’n “dapper stap vorentoe vir die Suid-Afrikaanse media”.

Mbuli was bly dat Hayibo se gewilde Julius Malema-T-hemp nou gaan verdwyn. Dit wys ’n foto van Malema met gebalde vuis waarop staan: “100% for Zuma, 20% for Woodwork.”

Geen politieke leier, semistaatsinstelling of prominente persoon het Hayibo se oë en ore ontglip nie.

Helen Zille, DA-leier, het volgens Hayibo gesê sy is jammer oor hul sluiting, aangesien húlle minstens haar Botox-inspuitings raakgesien het.

Hoewel die webtuiste hoofsaaklik uit parodieë en sosiale kommentaar op nuusartikels in die tradisionele media bestaan het, het hulle wel ’n paar “ scoops” van hul eie gehad. Hulle het byvoorbeeld ’n eksklusiewe onderhoud met Levinia, beter bekend as Liewe Heksie, gehad waarin die “bitter en ontnugterde” heks onthul het dat sy na Australië emigreer.

“Ek dink Suid-Afrika is ’n wonderlike land met ’n goeie toekoms. Net nie vir ’n wit, 56-jarige, Afrikaanssprekende praktisyn van die okkulte nie,” het sy aan hulle gesê.

Regstellende aksie was vir haar “’n bitter pil om te sluk”.

“Ek was altyd die enigste goeie heks in die hele Gauteng-Blommeland-streek. Maar ná 1994 was daar skielik spelkwotas en tower-Sotho-slange en tokkelosse en Liewe Swart Heksies.”

Sy het ontken dat sy ’n verbitterde rassis is deur te sê sy het al met baie swart akteurs, “soos Karel Kraai in Wielie Walie”, gewerk.

Anthony Pascoe, medestigter van Hayibo, het aan Rapport gesê hulle is oorweldig deur die publiek se reaksie op die nuus dat Hayibo toemaak.

“Ons het altyd geweet ons het ondersteuning, maar ons is soos die eksentrieke tannie wat almal wil besoek, maar niemand wil haar na ’n partytjie nooi nie.”

Hy sê sommige adverteerders het reguit gesê hulle sien nie kans om hulself te assosieer met ’n webtuiste wat onvoorspelbaar is en maar te gereeld op tone trap nie.

“Mense in Suid-Afrika lag. Hulle lag vir hulself. Ons is ’n snaakse nasie.”

Pascoe, Tom Eaton, Steve Porter en ’n klein groep medewerkers het die projek in hul vry tyd bedryf, maar sê hulle moet nou fokus op werk wat kos op die tafel sit.

“Wat ons nodig het, is ’n weldoener met baie geld, ’n sin vir humor en ’n onwrikbare geloof in die vryheid van spraak.”

Die laaste e-pos-nuusbrief van Hayibo eindig dan ook met ’n aanpassing van hul slagspreuk “Breaking news. Into lots of little pieces.”

“Kom ons doen vir oulaas wat ons die beste gedoen het: Breek die nuus – én ons harte – in stukkies.”

- Rapport

Lees meer oor: sci-tech  |  webtuistes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Elsabe sê... Wat vir baie help, is om jou sigarette stelselmatig te verminder. As jy gewoond is twintig per dat te rook, besluit om vir die volgende week net 15 te rook. Volgende week maak jy dit bietjie minder. Die geheim vir sommiges is om die onttrekking stelselmatig aan te pak. Vir sommige werk dit. Vir ander nie. Dit is soos enige ander verslawende middel. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 4 2.0 Highline AT
2006
R 139,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY09
2010
R 335,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.