Hartgevaar grootste by onfikse mans
2011-11-22 12:36
New York – Mans wat onfiks is en wie se werk fisiek uitputtend is, kan ‘n groter kans op ‘n hartaanval hê, het ‘n nuwe studie bevind.
Onfiks mans wat swaar werk verrig, is drie keer meer geneig om aan hartkwale te sterf as mans wat ligte werk verrig het, het die navorsers bevind.
Fikse mans wat swaar werk verrig, is ook sowat 40% minder geneig om aan hartsiekte te sterf as onfikse mans.
“Bevindinge soos dié dui aan dat fiksheid mans wie se werk uitputtend is teen hartkwale beskerm,” het Andreas Holtermann van die Bispebjerg-universiteit in Kopenhagen, Denemarke gesê.
Holtermann en sy kollegas se navorsing is in die Journal of Occupational and Environmental Medicine gepubliseer.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.