Hartaanvalle nou vinniger gediagnoseer
2009-11-19 03:17
Orlando – ‘n Nuwe studie stel voor dat ‘n tipe “super x-straal” ‘n vinniger en goedkoper manier kan wees om te sê of iemand met borspyn regtig ‘n hartaanval kry.
Sowat 6 miljoen Amerikaners gaan elke jaar na die nood-hospitaal met borspyn, maar slegs ‘n paar van hulle kry dan werklik hartaanvalle.
Kragtige x-strale, genaamd CT skanderings, word gebruik om die diagnose te maak.
Dokters weet nog nie of hulle akkuraatheid en ander voordele die addisionele bestraling wat vereis word oorskry nie.
Die nuwe studie toon dat toetse met CT skanderings ‘n antwoord in sowat drie ure kan gee, in vergelyking met meer as ses ure wat dit vir normale toetse neem.
CT skanderings is ook goedkoper.
- Sapa-AP