Hart eis een van dieretuin se oudstes

2012-01-30 08:00
Tweets Share Share line Print

Jenny, die 55-jarige sjimpansee van die Nasionale Dieretuin in Pretoria, is aan hartversaking dood.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Pretoria – Die Nasionale Dieretuin in Pretoria is een van sy oudste inwoners kwyt.

Jenny, ’n 55-jarige sjimpansee en een van dié dieretuin se eerste inwoners, is Vrydagoggend vroeg aan hartversaking dood.

Sy het in 1975 haar plek by die dieretuin ingeneem toe sy van die dieretuin in Soest, Duitsland, ingevoer is.

Craig Allenby, bemarkingsbestuurder, het gesê Jenny het in die laaste maand voor haar dood behandeling gekry vir haar hart.

Volgens Carin Cloete, kurator van primate in dié dieretuin, was Jenny ’n wonderlike dier en sal sy vreeslik gemis word.

“Jenny het altyd haar hande geklap wanneer sy gelukkig was. Sy het ook stukkies gras en materiaal vir dieretuinpersoneel aangedra as klein geskenkies,” het Cloete gesê.

“Ek sal altyd onthou hoe Jenny al die sjimpansees se kosbakke bymekaar gemaak en dít na die dieretuinpersoneel gebring het. Sy het soms ook gehelp om dié bakke te was.”

Cloete het gesê Jenny was ook baie lief daarvoor om snags in haar naghok na die radio te luister. “Sy het op die maat van haar gunstelingliedjies ook haar hande geklap.”

Allenby het gesê besoekers aan die dieretuin was gaande oor Jenny.

Bewaringspersoneel by die dieretuin hou nou ’n wakende oog oor Jenny se maat, Jasper (35), ’n sjimpansee-mannetjie, om sy welstand te verseker.

“Hy (Jasper) kry nou so tikkie ekstra liefde van sy oppassers, met wie hy ’n baie noue band het,” het Allenby gesê.

Jenny en Jasper het twee kinders, Caroline en Boris, saam gehad.

Die dieretuin sal binnekort vir Jasper na ’n ander maat begin soek.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: diere

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Vaal-Donkie sê... Soos byvoorbeeld die idee dat die mens verantwoordelik is vir aardverwarming (of is dit nou afkoeling, ek sukkel om tred te hou). Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 17-24°C Mostly sunny. Mild. Pta: 18-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Jhb: 15-27°C Morning clouds. Pleasantly warm. Bfn: 13-28°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 22-27°C Morning clouds. Mild. PE: 18-23°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Jobs - Find your dream job

Network Engineer-Clickatell

Bellville, Cape Town, South Africa
Clickatell (Pty) Ltd
Market Related

Junior Paid Search Specialist

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

Floor Manager

Roodepoort, South Africa
Gemini Recruitment
R8000 - R9000

Cars - Search 1000's of new and used cars

NISSAN

Livina 1.6 Visia 5-dr
2008
R 85,990.00

MERCEDES

C200 K Classic MY07 AT
2009
R 269,900.00

FIAT

Strada 1.6 ELX PU
2006
R 89,995.00

Property - Find a new home

Travel - Look, Book, Go!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - shop online today

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.