‘Handel wet vir DNS-databasis in SA nóú af’

2011-10-31 08:04
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Dit is hoog tyd dat die wetgewing vir die regulering van ’n reuse-databasis van DNS-profiele van alle misdadigers in Suid-Afrika afgehandel word.

Só het Vanessa Lynch gesê. Sy is ’n voormalige prokureur wat haar sedert haar pa in 2004 vermoor is, beywer vir beter benutting van DNS om misdaad te bestry.

Lynch, wat betrokke is by DNA Project SA, het op die derde jaarlikse Afrika-konferensie oor forensiese DNS gesê kenners werk aan voorgestelde wetgewing vir so ’n stelsel nadat vorige wetsvoorstelle nie deurgevoer is nie.

Prince Msomi, ’n senior forensiese ontleder van die polisie se DNS-databasis, het gesê daar is tans geen wetgewing wat die proses reguleer nie.

Daar is al voorgestel dat almal wat by sogenaamde kontakmisdaad, soos verkragting en moord, betrokke is, verplig word om DNS-monsters te verskaf en dat die DNS-profiele van dié wat skuldig bevind word minstens 30 jaar in ’n databasis bly.

Volgens Lynch is vorige voorgestelde wetgewing vir polisie-gebruik van DNS nie deurgevoer nie nadat menseregte-aktiviste beswaar daarteen gemaak het op grond van mense se reg op privaatheid en die portefeuljekomitee wat die voorstelle gehanteer het ná die 2009-verkiesing ontbind is.

Kenners werk nou aan ’n tweede dokument waarop die publiek kommentaar sal kan lewer voordat die parlement dit goedkeur.

’n Regeringtaakspan was in Junie in Brittanje en Kanada om te kyk hoe sulke DNS-databasisse gereguleer word.

Volgens Lynch is daar kommer oor die koste van so ’n projek. Die plan is dus om aanvanklik daarop te fokus om ernstige misdaad te bekamp.

Daar is onder meer voorgestel dat DNS-profiele eers verkry word van sekere kategorieë misdadigers, soos verkragters, moordenaars en mense wat vonnisse van vyf jaar of meer tronkstraf gekry het.

Die stelsel kan dan later uitgebrei word om almal in te sluit wat skuldig bevind is aan misdade waarvoor hulle tot minstens twee jaar tronkstraf gevonnis is.  

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: misdaad  |  dns

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Piet sê... Oelala, my eiedompie in die Karoo is nou nie "slap bang" in die middel van die projek nie, maar pryse gan hopelik dadelik styg--- ek dank die sterre! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2012
R 109,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Kombi T5 LWB 1.9 TDi MPV Dsl
2006
R 250,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.