HTC-foon kry sy eie Facebook-knoppie
2011-02-15 14:51
Londen - Die eerste foon om ‘n toegewyde Facebook-knoppie te hê gaan deur HTC vervaardig word.
ChaCha en Salsa, twee HTC-foonmodelle, sal gebruikers dadelik toegang tot die webwerf gee deur die knoppie te druk.
Al is dié fone nie amptelike Facebook-fone nie, het HTC en Facebook saamgewerk om die toestelle te vervaardig.
Die Salsa-foon het ‘n raakskerm en die ChaCha, ook met ‘n raakskerm, gaan ‘n sleutelbord by hê.
“Ons werk al vir jare saam met HTC om Facebook op hulle toestelle te kry en ChaCha en Salsa is die volgende stap,” het Henri Moissinac, Facebook se hoof van selfoonbesigheid, gesê.
-Kliek hier om die volledige artikel te lees.
-Volg Nuus24 op Twitter.