HP sal aanhou rekenaars vervaardig
2011-10-28 14:34
Londen – Hewlett Packard het na ‘n hersiening van sy planne gesê hy sal nie sy vervaardiging van tafelrekenaars staak nie.
HP se nuwe hoof Meg Whitman het die besluit geneem en gesê die maatskappy sal “sterker” wees as gevolg daarvan.
Haar voorganger, Leo Apotheker, het vroeër vanjaar gesê die maatskappy sal sy hardeware-afdeling, genaamd die Personal Systems Group (PSG), se deure sluit om op ander geleenthede te fokus.
Dié afdeling is die wêreld se grootste vervaardiger van tafelrekenaars.
“Om die PSG binne HP te hou, is die regte besluit,” het Whitman in ‘n verklaring gesê. “HP het objektief die strategiese, finansiële en operasionele impak van die moontlikheid om die afdeling te sluit geëvalueer.”
“Ons is vasbeslote om PSG te behou en saam is ons sterker,” het Whitman, wat in September as die maatskappy se hoof oorgeneem het, gesê.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.