Guatemala: Polisie met mikroskyfies dopgehou
2012-10-24 12:41
Video - 'n Boer maak 'n plan op 'Kragdag'
Die jaarlikse Kragdag is 'n uitstalkas van uitvindings wat daarop gemik is om groen tegnologie bekend te stel en te bevorder.
KYK
Guatemala-stad – Die polisie in Guatemala sal volgende jaar met mikroskyfies toegerus word om hulle bewegings te monitor.
Die stappe word gedoen om weer die publiek se vertroue in die polisie terug te wen.
Mauricio Lopez, minister van binnelandse sake, het Dinsdag gesê die rekenaarskyfies sal aan die beamptes se polisiewapens geheg word en sal bevelvoerders in staat stel om hul bewegings te monitor en te verseker dat hulle op opdragte reageer.
Lopez het bygevoeg dat die polisie ook nuwe uniforms sal kry wat sal help om hulle as vriende van die publiek te identifiseer.
Alle polisebeamptes dra tans swart uniforms. Lopez het gesê swart uniforms sal voorts net vir topamptenare en elite eenhede beskore wees.
Die beeld van Guatemala se polisiemag is erg geskaad ná top-amptenare in hegtenis geneem is op verskeie aanklagte, insluitend moord.
Erwin Sperisen, die voormalige polisiehoof, is in Augustus in Genève in hegtenis geneem op aanklagte van moord, dwelmhandel, geldwassery, onwettige aanhouding, afpersing en diefstal.
Marlene Blanco, Guatemala se voormalige adjunk-minister van binnelandse sake, is in Maart in hegtenis geneem weens verskeie moorde in die land in 2009.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP