Groentee vir gesonde bene
2011-04-18 20:00
Taiwan – ‘n Taiwanese opname het bevind dat ouer
vrouens wat baie groentee drink, minder geneig is om osteoporose te ontwikkel.
368 Vroue, almal bo die ouderdom van 65, het
aan die opname by die Nasionale Cheng Kung Universiteitshospitaal deelgeneem.
Die dokters wou uitvind of hul lewenstyl ‘n
impak gehad het op hul beendigtheid.
Uit die 368 vroue, het 60 gereeld groentee
gedrink terwyl 308 nié baie groentee gedrink het nie.
Van die wat wel gereeld ‘n koppie groentee
geniet het, het 28 osteoporose gehad (dit wil sê 46.7%)
Van die vroue wat nié groentee geniet nie, het 195 (63.3%), ook aan die siektetoestand ly.
Dié studie bevestig die bevindings van baie
Chinese en Westerse wetenskaplikes dat groentee goed is vir die gesondheid en siektes
kan voorkom.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA