Groente straks op maan gekweek
2011-11-25 23:00
Johannesburg – Groenteproduksie in die buitenste ruim klink na iets wat in wetenskapfiksieflieks hoort, maar volgens navorsing is dit glad nie so ’n vergesogte idee nie.
Prof. Gert Venter, ’n kundige op die gebied van hidroponika en tonnelboerdery, het op Landbouweekblad se seminaar tydens die Namaqua-fees op Vredendal verduidelik programme om slaai, aartappels, wortels, radyse en ander gewasse in die ruimte te kweek, is reeds ’n geruime tyd aan die gang.
“Die motivering is dat as jy mense in die ruimte wil instuur, moet jy vir hulle kos produseer en van suurstof voorsien. Daar is maniere om die koolsuurgas wat mense uitasem chemies om te skakel in suurstof, maar plante kan dit teen ’n lae koste doen,” sê Venter.
Lees verder.
– Landbou.com