Gratis skootrekenaars vir kinders
2009-09-15 02:09
Montevideo- Elke skoolkind in Uruguay sal voor die einde van die maand ‘n gratis skootrekenaar van die regering ontvang.
Shirley Sirial, ‘n koördineerder van die veldtog om skootrekenaar aan skoolkinders te gee, het Maandag bevestig dat die uitdeel van skootrekenaars onder skoolkinders naby aan voltooi is.
Sowat 400 000 skootrekenaars is die afgelope drie jaar aan kinders en onderwysers van laerskole reg oor die land uitgedeel.
“Drie en dertig skole in die hoofstad van Montevideo sal hulle rekenaars voor die in die van die maand ontvang”, het Sirial ses weke voor die presidensiële verkiesings gesê.
Die veldtog is in 2006 geloods deur Tabare Vazquez, die presedent van Uruguay, en het rondom $120 miljoen (R849 miljoen) gekos.
Dié rekenaars is aangepas vir skoolkinders en kos sowat $230 (R1713) elk.
Luis Alberto Lacalle, Uruguay se konserwatiewe presidensiële kandidaat, het gekla oor die duur skootrekenaars wat uitgedeel word terwyl baie skole in slegte toestande is.
“So baie geld word op die skootrekenaars spandeer maar die badkamers, dakke en klaskamers van baie skole het herstelwerk nodig”, het Lacalle gesê.
- Sapa