Grammys vir videospeletjies
2011-04-13 19:03
Londen – Videospeletjies se klankbane sal voortaan ‘n groter kans staan om ‘n Grammy-toekenning te wen na drie Grammy-afdelings hernoem is.
Speletjies word formeel ingesluit onder die Musiek vir Visuele Media-kategorie waaronder drie toekennings val: Beste Kompilasie-klankbaan, Beste Partituur-klankbaan en een vir die Beste Lied.
Die afdeling het voorheen as die Film, Televisie en Ander Visuele Media bekend gestaan. Alhoewel die toekennings dieselfde sal bly, sal die beskrywing nou “Rolprent, Televisie, Videospeletjies en Ander Media” wees.
Lees die volledige storie hier.
Volg Nuus24 op Twitter.