Google wens Charlie Chaplin geluk
2011-04-15 20:00
New York - Google vier Charlie Chaplin se 122ste verjaardag met ‘n
krabbel in die legendariese akteur en regisseur se filmstyl.
Charles Spencer Chaplin is op 16 April 1889 gebore en die
Engelsman is wyd bekend vir sy hansworstery in sy kenmerkende hoed en snor sowel
as sy belangrike bydra tot filmtegniek as regisseur.
Google se krabbels is meestal staties, maar onlangs het die
slimkoppe met interaktiewe krabbels, soos dié op John Lennon se 70ste
verjaardag, begin eksperimenteer.
Lees die volledige storie hier.
Volg Nuus24 op Twitter.