Google dalk klaar met China

2010-01-13 10:59
Tweets Share Share line Print

San Francisco/Washington – Google, die wêreld se grootste soekenjin, het Dinsdag gedreig om sy Chinese webtuiste, google.cn, sowel as kantore in China toe te maak ná gesofistikeerde kuberaanvalle op menseregte-aktiviste uitgevoer is deur Google se e-posdiens, Gmail, te gebruik.

Dié besluit mag verdere spanning tussen China en die VSA tot gevolg hê, terwyl Washington gereed maak om wêreldwyd sensuur op die internet te beëindig.

Hillary Clinton, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, het aangedring op ‘n verduideliking deur Beijing aangaande dié kuberaanvalle, wat volgens haar “ernstige kommer en vrae” wek.

Terwyl die nuus oor Google se moontlike onttrekking soos ‘n veldbrand onder Chinese internet-gebruikers versprei, bly die regering en staatsmedia doodstil oor dié bewerings.

Spanning oor die internet

Die Amerikaanse president, Barack Obama, het tydens ‘n besoek aan China in November verlede jaar gesê hy ondersteun nie sensuur nie.

“Die feit dat (Amerika) gratis, of onbeperkte toegang, tot die internet het, is ‘n bron van krag. Ek dink dit moet aangemoedig word,” het hy gesê.

Google aangeval

“Die kuberaanval, sowel as pogings gedurende die afgelope jaar om vryheid van spraak op die web te beperk, het ons gedwing om die uitvoerbaarheid van operasies in China te hersien,” het David Drummond, Google se hoof-regsbeampte, in ‘n verklaring op dié maatskappy se blog gesê.

‘n Woordvoerder vir Google het gesê die maatskappy is nog besig om die kuberaanval te ondersoek en wou nie sê of Google meen dat Chinese owerhede by die saak betrokke is nie.

- Reuters

 

Lees meer oor: china  |  internet  |  google

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Marius sê... Eerste ding wat gaan gebeur is hulle gaan dit nasionaliseer en dan alles vir scrap metal verkoop. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

BMW

320d SPORT AT (E90)
2012
R 405,990.00

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 5-dr AC
2007
R 99,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.