Google TV binnekort beskikbaar
2010-09-08 16:17
Kaapstad – Google se televisiediens, wat beoog om die webwerf na die televisie te bring, gaan oor ‘n paar weke in die VSA geloods word.
Eric Schmidt, uitvoerende hoof van Google, het gesê dié diens sal binne die volgende jaar wêreldwyd beskikbaar wees.
Die doel van Google TV is om inhoud van die internet met televisie te integreer.
Gebruikers sal die toegang tot die internet deur hul televisies verkry. Die diens is gratis.
- Vir meer inligting besoek Telegraph.
- Volg Nuus24 op Twitter.