Google Street View vang dief uit
2010-11-09 05:41
Londen - Google Street View is al veroordeel as ‘n “inbrekershandboek” wat dit vir inbrekers maklik maak om kwesbare huise en ander teikens te identifiseer.
Google se opspraakwekkende Street View-diens kan egter nou help om minstens een misdaad op te los nadat dié diens ‘n oortreder op ‘n eiendom afgeneem het, kort voor die karavaan agter hom op die foto gesteel is, berig die Daily Mail.
Die bleswordende, frisgeboude man is in die oprit van die Soanes-familie se huis in Engeland afgeneem. Hy het voor ‘n groen 4x4-motor gestaan wat vermoedelik gebruik is om die karavaan weg te sleep.
Lees meer by die Daily Mail.