Google Maps nou binne geboue
2011-11-30 11:15
New York – Google se kaartdiens Maps het begin om binnemuurs foto’s te neem en kaarte van lughawens en inkopiesentrums beskikbaar te maak in Amerika en Japan.
Die nuutste weergawe van Google Maps vir slimfone stel gebruikers in staat om vloerplanne van geboue te sien wat hulle ligging uitwys.
“Google Maps vir die Android-bedryfstelsel stel jou in staat om te sien waar jy is en waarheen jy wil gaan as jy binnemuurs is,” het die visepresident van ingenieurswese by Google Earth en Google Maps, Brian McClendon, gesê.
“As mens binne ‘n lughawe, inkopiesentrum of winkel is, soek mens gewoonlik ‘n gids of ‘n personeellid vir hulp,” het hy gesê. “Met Google Maps 6.0 vir Android sal die gids in die palm van jou hand wees.”
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP