Google Buzz tussen Facebook en Twitter

2010-02-13 07:41
Tweets Share Share line Print

Mountain View, Kalifornië – Google het vandeesweek ’n nuwe sosiale netwerk-toepassing, Google Buzz, as ’n moontlike mededinger vir Facebook en Twitter bekend gestel.

Met Google Buzz, wat as deel van Google se bestaande e-posdiens, Gmail, sal funksioneer, wil Google hul netwerk van miljoene Gmail-gebruikers benut om met Facebook, MySpace en Twitter op te vang.

Google Buzz stel gebruikers in staat om binne ’n Gmail-rekening oombliklik statusboodskappe, foto’s, webskakels en video’s met vriende of familie te deel.

Wat Google Buzz anders maak as Facebook en Twitter, is dat dit aangepas is om ook gemaklik op verskeie mobiele toestelle soos slimfone gebruik te kan word.

Dit kombineer verskeie eienskappe van Facebook en Twitter deur dieselfde soort statusboodskap-funksie as Twitter uit te brei sodat video’s, skakels en foto’s ook maklik gedeel kan word – soortgelyk aan die funksionaliteit van Facebook.

Google Buzz is ook anders in die sin dat dit met ’n e-posdiens, Gmail, geïntegreer is.

Gebruikers kan dus hul sosiale netwerkopdaterings en -boodskappe en hul e-pos gelyktydig lees en opdateer.

“Die basis vir ’n reuse- sosiale netwerk het nog altyd onder die oppervlak van Gmail gelê,” het Todd Jackson, produkbestuurder van Google, eergister op ’n mediakonferensie gesê.

Gmail is met 176,5 miljoen gebruikers die derde grootste web-gebaseerde e-posdiens ter wêreld met slegs Microsoft se Windows Live Hotmail en Yahoo Mail wat meer gebruikers het.

Google Buzz sal na verwagting oor die volgende paar dae stelselmatig aan Gmail-gebruikers beskikbaar gestel word.

Gebruikers sal kan kies of hulle hul statusboodskappe en Buzz-gesprekke sigbaar vir die hele internet of net vir hul vriende wil maak.

Dié toepassing sal ook met die Google-soekenjin verbind word en as jy dus jou statusboodskappe aan almal sigbaar maak, sal enigeen op Google daarvoor kan soek.

Yahoo Mail het ’n paar jaar gelede onsuksesvol probeer om hul e-posdiens met ’n sosiale netwerk-funksionaliteit te kombineer, maar Sergey Brin, medestigter van Google, het gesê hy is vol vertroue vir Google Buzz.

“Net omdat ’n soortgelyke produk in die verlede misluk het, beteken nie ons sal ook nie ... Google Buzz is ’n unieke nuwe toepassing wat aan gebruikers ongekende en uitgebreide funksionaliteit sal bied,” het Brin gesê.

- Reuters
- Beeld

Lees meer oor: google  |  sci-tech  |  facebook  |  twitter

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Marius sê... Eerste ding wat gaan gebeur is hulle gaan dit nasionaliseer en dan alles vir scrap metal verkoop. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Dynamic /.Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R120000 - R360000

J2EE Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

JAVA Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

BMW

320d SPORT AT (E90)
2012
R 405,990.00

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 5-dr AC
2007
R 99,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.