Google Buzz gee sy laaste doodsnikke
2011-10-14 23:03
San Fransisco – Google maak gereed om Google-Buzz se dienste,
wat veronderstel was om ‘n mededinger vir Facebook en Twitter te wees, finaal te
beëindig.
Google Inc sal voortaan hul aandag op Google Plus spits, ‘n diens wat
sowat drie maande gelede die lig gesien het en vinnig aanklank vind by
interngebruikers.
Buzz het waarskynlik misluk omdat Google dié
sosiale netwerk aan sy e-pos diens gekoppel het.
Die mislukte Buzz het outomatiese sosiale
sirkels geskep wat verbruikers se mees gebruikte Gmail-kontakte aan ieder en
elk bekendgemaak het.
‘n Ondersoek is deur die Federal Trade
Commission (FTC) geloods en Google is berispe omdat hulle hul regulasies wat
verbruikers se privaatheid beskerm, verontagsaam het.
Volg Nuus24 op Twitter.