Goeie vriende hou mans glo warm in die bed
2011-08-11 18:20
Londen – Vroue wat te na aan hul kêrels se mansvriende raak mag hul bemindes seksueel strem, maar dis nie oor die kêrels bang is sy loop met een van die makkers weg nie.
Navorsers van die Cornell- en die Chicago-universiteite het in ‘n onlangse studie bevind mans wie se meisies of vroue te goed met hul mansvriende bevriend raak, is geneig om ereksieprobleme te ervaar.
Die navorsers Benjamin Cornwell en Edward Laumann het gesê dié bevalling kom mans oor as hul vrou of meisie hul manlike vriende beter as hulle begin ken.
Hul navorsing is in die American Journal of Sociology gepubliseer.
Sowat 25% van die mans in die studie het gesê hulle het die probleem in ten minste een van hul ernstige verhoudings ervaar.
Hierdie mans was ook 92% meer geneig om ereksieprobleme te ervaar.
Die probleem is egter meer kompleks as blote jaloesie.
Die onseker mans voel nie bedreig deur die gedagte van hul meisie wat saam met ‘n mansvriend wegloop nie.
Hulle is veel meer bekommerd oor die verlies van die mansvriend.
Mans vind glo ‘n gevoel van onafhanklikheid en privaatheid in hul verhoudings met hul mansvriende, wat weer op sy beurt hulle manlik laat voel.
As ‘n vrou dan boesemvriende met een van dié vriende raak, voel sy manlikheid bedreig en sukkel hy dan seksueel.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.