Goedkoper selfone na SA op pad
2010-02-18 05:34
Johannesburg - Vodafone het die bekendstelling van die mees bekostigbare, ultra lae koste selfone Woensdag aangekondig.
Dié nuwe, maar goedkoper selfone sal miljoen mense wat pas die mark betree het, die geleentheid gee om vir die eerste keer te deel in die voordele wat mobiele tegnologie bied.
Vodafone sal die nuwe selfone in Indië, Turkye en agt markte in Afrika, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Kenia, Lesotho, Mosambiek, Katar, Suid-Afrika en Tanzanië bekendstel.
Patrick Chomet, Vodafone se groepsdirekteur van terminale het gesê, “Die lewensgehalte van dié wat die selfone, die Vodafone 150 en die Vodafone 250 gebruik, sal drasties verbeter soos hulle deel word van die samelewing van die selfoon.
Kliek hier vir die volledige berig.