Goedkoper, beter internet vir almal

2010-03-18 11:04
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Internetgebruikers in Suid-Afrika sal binnekort ‘n nuwe tipe internet ervaar, danksy MWEB se aankondiging dat hulle nou onbeperkte breëband-internetpakkette aan gebruikers sal verskaf.

“Hierdie aankondiging verander die hele speletjie. Internetgebruikers in Suid-Afrika gaan die web op ‘n splinternuwe manier ervaar,” het Matthew Buckland, internetstrategis, aan Nuus24 gesê.

“Hierdie is die tipe internet wat jou sal toelaat om films af te laai, dit sal jou ook die kans gun om televisieprogramme lewendig via die internet te kyk.  Hierdie tipe internet stel ons in staat om die programme wat op ons persoonlike rekenaars gebruik word, meer en meer na webblaaiers te verskuif vir gebruik op die internet.”

Volgens Buckland sal gebruikers die internet nou heeltemal anders benader weens die feit dat hulle oor onbeperkte breëband beskik.

“Onbeperkte breëband het tot gevolg ‘n heeltemal ander benadering tot die gebruik van die internet.”

Nuwe realiteite:

Buckland voorspel dat die onwettige kopiëring van films en musiek sal afneem omdat gebruikers nou maklik toegang sal hê tot webtuistes waar hulle dit wettiglik kan aflaai.

“Onbeperkte internet sal hierdie vorme van plagiaat laat afneem omdat meer mense die voordele van wettige dienste sal sien. Dit sal ook meer koste effektief vir hulle wees en daar sal nie meer ‘n behoefte vir die onwettige dienste wees nie,” het hy gesê.

Die bekendstelling van die onbeperkte breëband het die internet-landskap nou amptelik in Suid-Afrika verander en besighede sal moet aanpas by dié nuwe realiteite. Hierdie tipe internet skep natuurlik ook geleentheid vir nuwe besighede om te ontwikkel.

“Ons wag al ‘n geruime tyd vir hierdie verandering, en besighede sal nou moet aanpas by die nuwe omgewing. Seacom is ook  sopas van stapel gestuur en daar wag nog groter veranderinge in 2011 en 2012.

“Nou gaan die prys van die internet ook verander. Kostes sal verlaag moet word. Vir te lank was internetkostes heeltemal te hoog en dit is geen geheim nie. Dit was heeltemal te hoog,” het Buckland gesê.

Die internet gefokus:

“Jy het steeds ‘n rekenaar nodig om toegang tot die internet te verkry en rekenaars kos geld. Maar, ek dink steeds hierdie is goeie nuus vir internet-gebruikers in Suid-Afrika. Ons almal weet dat al hoe meer mense die internet via hulle selfoon besoek en hierdie tendens gaan net verder uitbrei en dit gaan net goedkoper word.”

“Daar is ook planne om goedkoper skootrekenaars te vervaardig en goedkoper netwerke. Die kostes van rekenaars en hardeware is besig om te daal.”

Buckland het egter gewaarsku dat Suid-Afrikaners nie hierdie verandering te vinnig moet verwag nie.

– Nuus24
 
 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: mweb  |  internet  |  tegnologie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Marius sê... Eerste ding wat gaan gebeur is hulle gaan dit nasionaliseer en dan alles vir scrap metal verkoop. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

BMW

320d SPORT AT (E90)
2012
R 405,990.00

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 5-dr AC
2007
R 99,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.