G’n bewys sy produk help brein
2012-02-01 08:05
Pretoria – Die vitamiensmous Patrick Holford mag nie beweer sy produk Mood Food ondersteun mense se gemoedstoestand of breinflinkheid nie.
Die Gesagsowerheid vir Reklamestandaarde (GRS) het bevind hy kan nie bewys die produk het dié effek nie.
Dit het gebeur nadat dr. Harris Steinman, ’n mediese dokter en gesondheidsaktivis, Holford by die GRS verkla het.
Stefan Vos Marketing Regulation Advisors het namens Holford briewe voorgelê van ene Allison Vienings van MRA Regulatory Consultants.
Daar is aangevoer Vienings is ’n kenner in die veld. Die GRS was nie tevrede met die feit dat Vienings net sekere uittreksels van studies oorweeg het toe sy haar mening gevorm het nie.
Dié aanspraak moet dus binne ’n sekere tyd van bemarkingsmateriaal verwyder word.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Beeld