Gesonde dieët skaad die ekonomie
2010-11-13 00:57
Londen - Om ‘n gesonde dieët te handhaaf is dalk goed vir jou, maar dit kan in die proses onopsetlik die ekonomieë van verskeie ontwikkelende lande skaad, toon ‘n nuwe studie.
Britse navorsers het voorgestel wat kan gebeur as mense in Brittanje en Brasilië gesonder eetgewoontes, soos gedefinieër deur die Wêreld Gesondheidsorganisasie, begin toepas.
Dit sou meer vrugte en groente en minder vleis- en suiwelprodukte insluit.
In Brittanje het kenners geskat dat die regmaak van die land se slegte eetgewoontes bykans 70 000 mense van ‘n voortydige dood weens gesondheidsverwante probleme soos hartsiektes en kanker kan red.
Dit kan, teoreties gesproke, ook die gesondheidstelsel tot sowat R224 miljard ‘n jaar spaar.
In Brasilië is die ratio van siektes wat aan ‘n swak dieët gekoppel word nie so hoog soos in Brittanje nie. Brasiliërs sal dus relatief min gesondheidsvoordele kry, terwyl hul ekonomie miljoene kan verloor.
Lees meer by Health24.
- Health24