Gekoude kougom kry waarde
2010-08-25 02:06
Londen – ‘n Britse ontwerper het bewus geword van die reuse probleem wat gekoude kougom in Londen se strate veroorsaak en met ‘n baie oorspronklike oplossing vorendag gekom.
Die Britse regering spandeer jaarliks meer as ‘n miljard rand om kougom-bestrooide sypaadjies weer skoon te kry.
Die plaveisel onder die gekoude klonte word ook deur uitgespoegde kougomme beskadig.
Anna Bullus het van die kougom na ‘n laboratorium geneem en ‘n manier gevind om dit in ‘n tipe rubber te omskep.
Dié rubber kan gebruik kan word om ‘n wye verskeidenheid produkte te vervaardig, van speelgoed tot stewels.
Haar eerste produk is egter klein drommetjies waar kougom-kouers hul uitgekoude kougoed kan uitspoeg.
Met dié Gumdrop Bins, hoop sy om nog baie kougom te versamel en haar rubber vervaardiging af te skop.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter