Gekkedag: Die beste grappe van 2011
2011-04-01 15:02
New York - Jaarliks op 1 April word talle goedgesinde mense vir die gek gehou deur vriende wat hul kalenders met 'n valkoog dophou.
Maatskappye en nuusagentskappe leen vanjaar ‘n kreatiewe hand aan die gekkery.
Die Ierse lugredery Ryanair het aangekondig hulle sal binnekort vlugte sonder raserige kinders beskikbaar stel. “Ons is almal is lief vir ons eie kinders, maar sal liefs ander se klein monsters op reis wil vermy,” het die aankondiging gesê.
Google het ‘n pos vir ‘n “autocompleter" adverteer. Kandidate wat aansoek vir die pos wil doen moet in staat wees om gebruikers se Google soektogte vooruit te raai en te voltooi. “Moenie bekommerd wees nie,” sê die advertensie, “na ‘n paar miljoen soektogte sal jy die nodige reflekse besit.”
Die internetreus het ook kamstig Gmail Motion bekendgestel, wat gebruikers glo in staat sal stel om Gmail met liggaamsbewegings te beheer.
Wees egter gewaarsku voor enige planne vir ‘n kreatiewe Gekkedag-plan realiteit word. ‘n Groupon-lasbrief mag dalk binnekort in die pos wees. Dié Internetgroep het sopas aansoek gedoen om die regte tot alle Gekkedag grappe te bekom. Groupon se patent aansoek kan hier gelees word.
Lees oor meer kreatiewe Gekkedag grappe hier.
Volg Nuus24 op Twitter.