Geen porno op sel, internet

2010-06-06 14:06
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Suid-Afrikaanse volwassenes kan eersdaags sukkel om pornografie in die hande te kry.

Die regering is vasbeslote om die voorbeeld van China, die Verenigde Arabiese Emirate en Jemen te volg deur álle pornografie op die internet en selfone te verbied.

Mnr. Malusi Gigaba, adjunkminister van binnelandse sake, het die Suid-Afrikaanse Regshervormingskommissie (SAR) gevra om die kwessie na te vors en het nou ’n stap verder gegaan deur reeds ’n wetsontwerp op die tafel te plaas.

Die Wetsontwerp op Pornografie op die Internet en Selfone, wat saamgestel is deur die Justice Alliance of South Africa (Jasa), se doel is om “vroue en kinders” teen pornografie te beskerm.

Sommige regskenners en kampvegters vir vryheid van spraak se oë het egter behoorlik gerek oor die jongste verwikkeling. Hulle sê dit raak ’n gevaarlike situasie wanneer die regering landsburgers begin voorskryf watter inligting hulle op die internet mag bekom en watter nie.

’n Algehele verbod, wat deur internetdiensverskaffers toegepas sal moet word, is die enigste manier om te verseker dat kinders nie aan pornografie blootgestel word nie, sê adv. John Smyth QC, direkteur van Jasa.

Jasa, ’n alliansie van regslui en onder meer kerkgroepe, meen verder die wetsontwerp is nie ongrondwetlik nie, aangesien kinders se belange swaarder weeg as ander grondwet­like regte.

Maar sommige kenners in die media- en IT-reg verskil hiervan.

Mnr. William Bird, direkteur van die Media Monitoring Project, sê die regering het nie die kapasiteit en hulpbronne om internetverkeer te reguleer en sensureer nie.

“China bestee miljarde om te reguleer wat landsburgers mag sien en húlle is nie eens suksesvol nie.”

Pornografie was een van die hoofredes vir die ontsaglike groei van die wêreldwye web en was in ’n stadium verantwoordelik vir sowat 80% van internetverkeer.

Bird sê die wetsontwerp neem ouers se verantwoordelikheid weg om hul kinders behoorlik in te lig oor blootstelling aan pornografie, asook die verantwoordelikheid om hulle in die algemeen daarteen te beskerm.

“Niemand sê kinders moet aan pornografie blootgestel word nie, maar pornografie vir volwassenes is nie noodwendig ’n slegte ding nie.”

Daar is reeds verskeie wette teen kinderpornografie en wette om die vertoning van pornografie aan kinders hok te slaan. Daar is ook sagteware wat ouers in staat stel om toegang tot sekere webtuistes te keer.

Maar Gigaba en Jasa meen die wetsontwerp is die “enigste” doeltreffende maatreël.

“Motors kom met remme en veiligheidsgordels, dit is nie ’n ekstra waarvoor gebruikers moet betaal nie. Daar is geen rede waarom die internet nie toegerus moet word met die nodige beperkende meganismes nie,” sê Gigaba.

Me. Portia Mngomezulu, ’n kenner van die Webber Wentzel-regsfirma, sê die wetsontwerp plaas te veel verantwoordelikheid op diensverskaffers in die IT-bedryf. Hulle sal die koste moet dra om elke webwerf of stukkie inhoud op selfone te monitor en te filter.

“Die meeste diensverskaffers dien slegs as ’n kanaal en monitor glad nie die inhoud van inligting nie. Die wetsontwerp gaan net te ver.”

- Rapport

Lees meer oor: selfone  |  internet  |  pornografie

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Marius sê... Eerste ding wat gaan gebeur is hulle gaan dit nasionaliseer en dan alles vir scrap metal verkoop. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

.Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R480000 - R600000

SQL DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Negotiable

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

BT-50 3.0 CRDi Drifter SLE D-Cab Dsl PU MY07
2008
R 169,900.00

VOLVO

V50 2.0D Estate Dsl
2005
R 189,900.00

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Spirit 5-dr
2007
R 115,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.