'Gebrekkige navorsing gaan land inhaal'
2012-01-30 15:01
Potchefstroom – Suid-Afrika belê heelwat minder in landbounavorsing en -ontwikkeling en gaan oor ’n dekade die vrot vrugte daarvan pluk, meen prof. Herman van Schalkwyk, rektor van die Universiteit van die Noordwes se Potchefstroomkampus.
Hy het op ’n gesamentlike kongres van die verenigings vir gewasproduksie, grondkunde, onkruidwetenskap en tuinbou gesê minder navorsing sal uiteindelik beteken dat die land ’n laer opbrengs toon as ander lande wat in navorsing belê het, het Landbou.com berig.
“Universiteite lewer steeds ’n tersaaklike bydrae, maar die land bied nie genoeg praktiese opleiding aan boere nie,” het Van Schalkwyk gesê.
Hy het verwys na die kapasiteitsprobleme by landboukolleges.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter