Gaskoeldrank met gewelddadige tieners verbind
2011-10-26 14:15
New York – Tieners wat baie gaskoeldrank drink is meer geneig om aggressief op te tree en wapens te dra, het ‘n nuwe studie bevind.
Tieners wat meer as vyf blikkies gaskoeldrank per dag gedrink het, was merkbaar meer geneig om aggressief en gewelddadig teenoor ander op te tree, het die studie bevind.
Hulle was ook meer geneig om in die verlede ‘n pistool of ‘n mes by hulle te dra, het die navorsers gesê.
Die navorsers van die Universiteit van Vermont in Amerika het 1 878 tieners van 22 skole in Boston gevra hoe gereeld hulle gaskoeldrank drink en hoe gereeld hulle gewelddadig teenoor hul maats, hul familielede en hul bemindes opgetree het.
Tieners wat gereeld gaskoeldrank gedrink het, was 9% tot 15% meer geneig om gewelddadig op te tree teenoor dié wat minder daarvan gedrink het.
Die navorsing is in die joernaal Injury Prevention gepubliseer.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.