Frankryk vereer polisiehond met 'n medalje
2011-11-09 21:04
Parys – ‘n Franse polisiehond wat al 1 700 verdagtes
in dwelmondersoeke uitgeruik het, is met ‘n medalje vir braafheid en toewyding
vereer.
Aldo, ‘n Belgiese skaaphond, werk al sedert
2006 vir die Bordeaux-polisiedepartement.
Hy het sedertdien die polisie bygestaan in die
inhegtenisneming van 1 700 dwelmmisdadigers.
“Aldo is ‘n polisiehond met ‘n merkwaardige
loopbaan,” het die distrikspolisiehoof, Patrick Stafanini, gesê.
Pierre-Marie Bourniquel, ‘n
sekuriteitsamptenaar, het gesê dat minder as ‘n dosyn polisiehonde in Frankryk
al op dié manier vereer is.
Aldo se hondemeester, Didier Hude, het nié ‘n
medalje ontvang nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP