Fossiel van reuse-skerpioen gevind
2010-04-21 14:11
Fife - Die versteende voetspore van ‘n 330 miljoen jaar oue skerpioen, wat glo so groot soos ‘n mens was, is in noordoos Fife gevind.
Die ontdekking is die grootste aangetekende spoor van enige ongewerwelde dier.
Volgens wetenskaplikes is die spore gemaak deur ‘n reuse-sesbeen-skerpioen, bekend as Hibbertopterus, wat glo oor klam grond gekruip het gedurende die Karboontydperk.
Die Scottish Natural Heritage, wat die projek befonds, het die bevinding beskryf as “uniek” en “internasionaal belangrik”.
Die fossiel sal in silikoon gegiet word sodat meer mense dit kan sien en navorsing daaroor kan doen.
Lees meer hieroor by telegraph.co.za