Fossiel van baba gevind

2010-04-22 07:22
Tweets Share Share line Print

Elsabé Brit, Die Burger

Kaapstad - DNS-toetse kan in die toekoms op Suid-Afrika se jongste fossielvonds gedoen word, en boonop is die bene van nóg fossiele – onder meer dié van ’n eenjarige baba – op dieselfde plek gevind.

Dié baba sal die derde fossiel wees van die nuwe Australopi-thecus sediba-spesie en nóg “jeugdiges en volwassenes is (in die Malapa-gebied van die Wieg van die Mensdom) gekry”.

Prof. Lee Berger van die Universiteit van die Witwatersrand se instituut vir menslike evolusie – hoofnavorser van die 60 internasionale wetenskaplikes van die projek – het gisteroggend hier by ’n ontbytlesing in die Iziko-museum gesê: “Die beste kom nog.”

Berger se 9-jarige seun, Matthew, hul hond Tau en dr. Job Kibii, ’n kollega van Berger, het in Augustus 2008 gaan stap op soek na fossiele toe Matthew die eerste bene van A. sediba uit ’n rotsblok sien steek het.

Tot dusver dui die tientalle bene van diere en die fossiel van die jong seun (tussen 11 en 13 jaar oud) en dié van die vrou (in haar laat twintigs tot vroeë dertigs) daarop dat hulle nie lank ná mekaar in die grot (in die Malapa-area) geval en gesterf het nie. “Hulle is vasgevang in ’n oomblik in tyd. Daar is paleomagnetiese bewyse daar was ’n ommekeer van die aarde se magnetiese pole op daardie tydstip toe hulle 1,95 miljoen jaar gelede gesterf het,” het hy gesê.

’n Uiters fyn skandering van die jong seun se skedel, wat in Frank­ryk gedoen is, het selfs getoon daar is ’n larwe van ’n vleisetende insek in die fossiel vasgevang. Dit hou verband met die ontbinding van die liggaam. Berger het gesê daar is nog 30 terreine in die groter Wieg van die Mensdom wat nog nie ondersoek is nie, en wat ook fossiele bevat.

Die fossiel van die vrou is ’n “werk wat besig is om vorm aan te neem, byna elke dag word dele van haar ontdek”.

Met verwysing na die warm internasionale debat wat oor die fossiel ontstaan het, het Berger gesê niemand betwyfel of dit ’n nuwe spesie is nie, wat verblydend is.

“Die debat is of die genus Australopithecus of Homo moet wees, en dít is interessant. Hierdie fossiel is ’n mosaïek vol kenmerke wat ons nog nooit gesien het nie. Buiten dat dit uitsonderlik goed bewaar is, is dit ’n mengsel van ou en meer moderne kenmerke – ons glo dit is ’n oorgangsfossiel.”

Indien ’n mens hom twee jaar gelede sou vra of DNS-toetse moontlik sou wees, sou hy gesê het net tot so 30 000 jaar gelede – nou is die antwoord “dit is ’n moontlikheid”.

* “Min mense in die wêreld kry die geleentheid om ’n oorspronklike hominied-fossiel te sien. Hierna gaan die fossiele vir ’n lang tyd nie vir die publiek toeganklik wees nie,” het Berger gesê en mense genooi om tot Saterdag die uitstalling te besigtig. Die oudste fossiel-eiers met fetusse daarin, dele van die nuwe souropod wat in die Vrystaat ontdek is, Aardonyx celestae, asook oerdiere van die Weskus, is deel van dié unieke uitstalling.

Lees meer oor: wetenskap  |  wetenskaplikes  |  fossiel

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... Ja nou wat anders. Hulle sal die laaste een ook doodmaak en gaan hulle dan mekaar se galblase begin oes? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

.Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R480000 - R600000

SQL DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Negotiable

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

BT-50 3.0 CRDi Drifter SLE D-Cab Dsl PU MY07
2008
R 169,900.00

VOLVO

V50 2.0D Estate Dsl
2005
R 189,900.00

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Spirit 5-dr
2007
R 115,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.