Fleksietyd is glo beter vir jou
2010-02-23 12:47
Kaapstad - Mense wat ‘n bietjie beheer oor hul werksure toepas lei gesonder lewens as diegene wat minder buigsame ure werk, toon ‘n Amerikaanse studie.
Navorsing wat saamgestel is van 10 studies wat in totaal onder sowat 16 600 mense gedoen is, het getoon dat werkers wat ‘n vorm van beheer oor hul skofte of aftrede kan uitoefen, gesondheidsvoordele geniet.
Van dié voordele sluit laer bloeddruk en beter slaappatrone in. Die studie toon dat dié mense fisies en emosioneel meer gesond is.
Lees meer by www.iol.co.za.