Flankeer-styl beïnvloed sukses met romanse
2010-11-17 03:15
Het jy jou eie flankeer-styl?
Indien nie, beter jy gou een kry, want 'n nuwe studie meen jou romantiese sukses hang deels van jou begrip van jou eie flankeer-styl af.
Of jy vrymoedig genoeg is om 'n vreemdeling in 'n kuierplek te nader of eerder iemand is wat wag dat iemand jou moet nader, is verskille wat, as jy dit eers geïdentifiseer het, jou kan help om romanse te vind.
So sê Jeffrey Hall, assistent professor van kommunikasie studies aan die Universiteit van Kansas.
Hall het onlangs 'n studie oor die verskillende style waarop mense flankeer voltooi. Meer as 5100 mense het deelgeneem en met die sak patats vorendag gekom ten opsigte van hul flankeer-style.
Volgens Hall is daar vyf flankeer-style: Fisiek, tradisioneel (wanneer mans die eerste toenadering maak), vriendelik, opreg, en spelerig.
- Kliek hier om die volledige storie te lees.
- Volg Nuus24 op Twitter.