Feeste sedert oertyd gewild

2010-09-06 07:48
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Groot partytjies met tafels wat kreun onder die kos is nie ’n nuwe verskynsel nie.

Ritualistiese feesmaaltye, waarin groot beeste en tientalle skilpaaie verorber is, is duisende jare gelede in ’n grot in die hedendaagse Israel gehou.

Die grot, in die Galilea-streek, dateer van die era voor landbou, sowat 12 000 jaar gelede. Dit is die eerste bewyse dat mense op groot skaal feesgevier het, voordat daar tydens die Neolitiese era met landbou begin is.

Dié navorsing is pas in die vaktydskrif Proceedings of the National Academy of Sciences bekend gemaak deur drs. Natalie Munro van die Connecticut-universiteit in Amerika en Leore Grosman van die Hebreeuse Universiteit in Israel.

Die mense van die Natufiaanse kultuur het destyds in daardie omgewing gebly. Die grot, bekend as Hilazon Tachtit, bevat die oorskot van 28 mense.

Die navorsers het ook die oorskot van 71 skilpaaie in ’n ovaalvormige graf, uitgelê met klippe, gekry. Dit is op ’n rituele manier daar geplaas, saam met die lyk van ’n ouer, vroulike sjamaan.

Munro het per e-pos aan Volksblad gesê nadere ondersoek het getoon die vrou was oud toe sy gesterf het, asook dat sy ’n geboortedefek gehad het wat haar mank sou laat loop het. Haar skedel is netjies op die dop van ’n skilpad geplaas.

Volgens die navorsers sou die skilpaaie alleen genoeg kos gewees het vir 35 mense. Daar is ook die oorskot van ’n wilde vark, ’n arend en ’n luiperd by haar begrawe.

Die bene van drie uitgestorwe wildebeeste, genaamd die aurochs of urus, is in ’n ander ovaalvormige put in die grot gevind. Die aurochs ( Bos primigenius) is die voorsaat van die hedendaagse huishoudelike beeste.

Die diere was groot en sou vir baie mense op een slag kon kos gee, meen die navorsers.

“’n Groot rede hoekom mense begin het om fees te vier – en later begin het om hul eie kos te kultiveer – is omdat bevolkingsgroei druk op die landskap geplaas het. Vroeër kon mense rondbeweeg om kos te kry. Maar teen die tyd dat dié fees plaasgevind het, het dié leefstyl moeiliker geraak,” het Munro in ’n verklaring gesê.

Hoe meer mense met mekaar in kontak gekom het, hoe meer wrywing was daar tussen groepe. Sulke feeste was belangrik om sosiale stres te ontlont en verhoudings te smee – veral gedurende dié moeilike tyd.

“Die begin van feesmaaltye kort voor die begin van landbou is spesifiek interessant, want mense het begin eksperimenteer met aanplanting. Die kombinasie van sosiale interaksie en veranderings in bronne het dus tot die landbou gelei,” sê Munro. 

- Volksblad

Lees meer oor: kan jy glo

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Elsabe sê... Wat vir baie help, is om jou sigarette stelselmatig te verminder. As jy gewoond is twintig per dat te rook, besluit om vir die volgende week net 15 te rook. Volgende week maak jy dit bietjie minder. Die geheim vir sommiges is om die onttrekking stelselmatig aan te pak. Vir sommige werk dit. Vir ander nie. Dit is soos enige ander verslawende middel. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 4 2.0 Highline AT
2006
R 139,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY09
2010
R 335,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.