Farmaseutiese maatskappye 'buit siekes uit'

2011-11-17 08:42
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Suid-Afrikaners word ontneem van goedkoper generiese medikasie wat hul lewe kan red omdat verouderde wetgewing groot farmaseutiese maatskappye beskerm.

Dít was gister die boodskap van die Treatment Action Campaign (TAC) op ’n nuuskonferensie waar dié aksiegroep gesê het Suid-Afrika pas ook nie die reg toe ingevolge ’n deklarasie (die Trips-ooreenkoms) wat tienjaar gelede in Doha-onderteken is nie. Ingevolge dié ooreenkoms kan hy in belang van openbare gesondheid sekere patentregte opskort om goedkoper generiese medisyne te skep.

Mara Kardas-Nelson van Dokters Sonder Grense (DSG) het gesê dit beteken die regering kon, deur die patentwet te wysig, jare gelede al óf goedkoper generiese medisyne vir MIV/vigs, tuberkulose (TB) en kanker uit Indië of Brasilië ingevoer het óf dit self in Suid-Afrika laat vervaardig het.

Daar is tans geen middel in die staatsektor in Suid-Afrika beskikbaar vir middelweerstandige TB of ’n derde opsie vir mense wat weerstandig teen vigsmiddels geraak het nie, het Gilles van Cutsem van DSG gesê.Vir albei dié gevalle bestaan goedkoop generiese middels in Indië.

Catherine Tomlinson van die TAC het gesê maatskappye behoort hier, soos elders, gekeer te word om ’n patent van ’n bestaande middel – waarvan die formule net effens verander is of waarvan die vervaardiger dit wil laat herpatenteer – vir ’n ander doel te registreer. Dit lei daartoe dat ’n middel, wat basies dieselfde is, vir ’n verdere 20 jaar teen generiese ontwikkeling beskerm word.

Sy het gesê die land behoort ook nuwe patente te hersien, juis om dié rede, en ’n derde party behoort ’n kans te kry om dit teen te staan.

“Suid-Afrika het vigs- en TB-epidemies en die land het nog nooit iets gedoen om ’n verpligte patent uit te reik vir generiese medikasie nie. Daar is gebreke in die wet en die politieke wil ontbreek.”

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: medisyne  |  gesondheid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... Ja nou wat anders. Hulle sal die laaste een ook doodmaak en gaan hulle dan mekaar se galblase begin oes? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

J2EE Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

JAVA Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

Web Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

BT-50 3.0 CRDi Drifter SLE D-Cab Dsl PU MY07
2008
R 169,900.00

VOLVO

V50 2.0D Estate Dsl
2005
R 189,900.00

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Spirit 5-dr
2007
R 115,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.