Facebook wil jou minder e-pos
2011-09-13 12:11
New York – Facebook het begin om erg aktiewe gebruikers se stroom e-posse oor hul vriende se doen en late met ‘n netjiese opsomming te vervang.
“Ons toets die nuwe funksie op mense wat baie aktief op ons netwerk is en baie e-posse van ons ontvang,” het die maatskappy op sy eie Facebook-profiel gesê.
“Ons sal nou eerder ‘n opsomming stuur in plaas van 'n e-pos vir elke individuele kennisgewing,” het die sosiale netwerk bygevoeg.
Die nuwe funksie is glo gemik om aktiewe gebruikers ‘n netjiese opsomming te stuur van die gebeure en doen en late van hul Facebook-vriende in pleks van ‘n gros individuele kennisgewings.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.