Facebook wil jou betaal om advertensies te kyk
2011-05-06 11:58
New York – Facebook het ‘n program bekendgestel wat gebruikers finansiële aansporing gee om advertensies op die sosiale netwerk te kyk.
Facebook wil lojale gebruikers beloon met Facebook-krediete wat vir goedere verruil kan word. Elke krediet is sowat 70 Suid-Afrikaanse sente werd.
"Dit is 'n stap weg van steurende advertensies," het Dan Greenberg van ShareThrough gesê. Sy maatskappy werk saam met Facebook om die advertensies aan gebruikers te vertoon.
Die advertensies sal meestal in speletjies te sien wees en vervaardigers soos CrowdStar, Digital Chocolate en Zynga gebruik klaar die nuwe program.
Lees die volledige storie hier.
Volg Nuus24 op Twitter.