Facebook weer in die sop oor privaatheid
2011-11-30 14:25
New York – Facebook het met die Amerikaanse federale handelskommissie (FTC) geskik oor klagtes dat die sosiale netwerk sy gebruikers met sy privaatheidsverstellings mislei het.
Die FTC het die sosiale netwerk daarvan beskuldig dat hy mense mislei deur hul persoonlike inligting, wat hul as “privaat” gemerk het, openbaar te maak.
Die klagtes kom van 2009 toe Facebook sy privaatheidsverstellings verander het sodat inligting wat gebruikers “privaat” gemerk het, soos vriendelyste, sigbaar vir almal gemaak was.
“Hulle het nie gebruikers oor die verandering gewaarsku of hul goedkeuring gekry nie,” het die FTC gesê.
Die FTC het gesê die skikking vereis Facebook moet gebruikers se goedkeuring kry voor hul inligting openbaar gemaak word.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.