Facebook wéér gedagvaar
2011-04-13 10:30
New York – Paul Ceglia, ‘n New York-inwoner wat Facebook-stigter Mark Zuckerberg verlede jaar vir 50% eienaarskap van Facebook gedagvaar het, het weer die saak aangepak en dié keer is hy gewapen met e-posse wat hy sê sy saak versterk.
Die klag beweer Ceglia en Zuckerberg het in April 2003 ‘n kontrak geteken wat Ceglia 50% eienaarskap van die sosiale netwerk gee.
Die kontrak, wat as bewyse ingedien is, sê Ceglia het Zuckerberg $1 000 (sowat R6 700) betaal vir werk aan die webblad StreetFax en nog $1 000 (sowat R6 700) vir werk aan “the Face Book” wat Zuckerberg reeds begin het.
Die beweerde kontrak sê ook Ceglia besit 50% van die “sagteware, programmeringskodes en besigheidsbelange” van Facebook.
Lees die volledige storie hier.
Volg Nuus24 op Twitter.