Facebook skep sterk kompetisie
2011-02-15 18:00
New York - Facebook is vinnig besig om vyande van internetbesighede soos Yahoo en Google te maak.
Soos wat dié sewejarige besigheid nuwe talent aanstel en nuwe funksies by sy sosiale netwerk voeg, ontwrig dit gevestigde besighede soos Google en moet al hoe meer internetbesighede oor hul toekoms begin wonder.
Facebook, wat meer as 600 miljoen gebruikers het en ‘n geskatte waarde van $50 miljard (sowat R365 miljard) het, kry al hoe meer van Yahoo, MySpace en ander webwerwe se advertensies vir hulself.
Die sosiale netwerk is ook potensiële kompetisie vir PayPal wat elektroniese betalings vir eBay doen. Daarmee saam kan vennootskappe wat Facebook met slimfoonvervaardigers skep ook ‘n bedreiging vir Apple en Google se selfoondienste skep.
-Kliek hier vir die volledige artikel.
-Volg Nuus24 op Twitter.